Equalizer – Trots Suid Afrikaans | Wêreldklas
Equalizer is ʼn trots Suid Afrikaanse maatskappy wie se alleen fokus die vervaardiging van saai- en planttoerusting is.
Die ongelooflike tempo waarteen die handelsmerk Equalizer veld wen kan toegeskryf word aan ‘n baie eenvoudige besigheidsmodel waarin sleutelwoorde soos innoverende ontwerp, gehalte vervaardiging, kliente tevredenheid en volgehoue naverkoopsdiens die hoekstene van die besigheid vorm. Almal by Equalizer lewer sy aandeel met trots om Equalizer produkte, wat met die beste in die wêreld kan meeding, te lewer.
Besoek ons webtuiste, www.equalizer.co.za, vir meer inligting.