Skip to content

Die tegnologie van koring en soja het oor die afgelope 100 jaar agter geraak by dié van mielies en rys. “Biobrandstof kon hier ‘n groot effek gehad het. Tegnologie verseker egter dat produsente te midde van prysverlagings steeds volhoubaar is omdat opbrengs en kwaliteit verbeter. Dit help egter nie om kultivars te teel wat meulenaars of die eindverbruiker nie kan gebruik nie,” sê hy.
Dit blyk dat privaatopberging en die selfl aai van koring op plase moontlik ‘n onmiddellike oplossing kan bied om meer winsgewend te wees. Volgens mnr Jordaan kan risiko’s binne die graanbedryf nie deur prys bestuur word nie. “Daar is nie ‘n tarief op die invoer van hawer nie. As die bedryf wil hê daar moet hawer geproduseer word, moet hul ‘n koringverwante prys gee. Dieselfde geld vir gars.”

Hy is gekant teen enige vorm van beskerming en is van mening dat die invoerheffi ng die kontantmark vernietig het. As verwerker van koring voel hy sterk daaroor dat koringprodusente ‘n prys vir graan moet kan beding. Hier op het Koos Blanckenberg van Klip heuwel soos volg gereageer: “Daar word van koringprodusente verwag om hul proteïene te bestuur op grond van reën waarvoor hul moet bid. Dít terwyl die verwerkers wil weet wat in die silo is. Elke rolspeler moet ‘n regverdige deel van die koek kry in terme van die risiko wat hy dra.”

Mnr Jordaan is bekommerd oor die gewysigde regulasie van die verminderde soutinhoud in brood. “Meulenaars sal gevolglik meer moet betaal vir koring met hoër proteïen-inhoud om dieselfde brood te kan bak; 1% proteïene kos R140.”

Koring as grondstof maak egter slegs 15% van ‘n brood se prys uit. ‘n Bykomende 0,5% proteïen sal dus ‘n effek van 3,5c per brood tot gevolg hê, sê mnr De Villiers. Elke besluit het egter ‘n rimpel-effek omdat graanprodusente belange as grondeienaars het én meestal aandeelhouers is in maatskappye wat hul produkte verwerk.

 

Scroll To Top